Sjokolade brood poeding met Meringue

Lus vir ‘n warm sjokolade lekkerny?
Dan is hierdie maklike broodpoeding net die ding.

•    250 ml room
•    250 ml melk
•    4 ekstra groot eiers, geskei
•    1 ekstra groot eier, ekstra
•    45 ml kakao
•    125 ml strooisuiker
•    6-8 dik snye dag oue witbrood, korsies afgesny en kleiner gesny
•    125 ml gekapte donker sjokolade
•    Knippie sout
•    180 ml strooisuiker, ekstra Kakao. om oor te sif

Voorverhit die oond tot 150C.
Klits die room. melk. 4 eiergele en 1 heel eier saam met die kakao en strooisuiker tot gladde mengsel.
Giet die sjokolademengsel oor die brood en laat dit staan vir 10 minute.
Pak nou die brood in ‘n gesmeerde middelslag-oondbak en sprinkel die gekapte sjokolade oor.
Giet enige orige sjokolademengsel (waarin die brood geweek het) ook oor.
Bak vir ongeveer 30 minute tot die poeding opgepof en die sjokolade vla ferm is.
Klits die eierwitte met ‘n knippie sout tot sagte punte vorm.
Begin voeg die strooisuiker lepel vir lepel by terwyl jy aanhou klits.
As al die suiker bygevoeg is, klits vir nog 1-2 minute.
Haal die poeding uit die oond en skep die meringue bo-op.
Smeer dit effens sodat die hele poeding bedek is.
Sit terug in die oond en bak vir ‘n verdere 15 minute tot die meringue goudbruin is bo-op.
Haal uit die oond, sif ‘n klein bietjie kakao oor en sit warm voor met roomys of vla.
Lewer 8-10 porsies.

Bron en foto: Loubou.com
Resep: Arina du Plessis

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 43 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *