Verootmoediging 4

Vrydag 3 Mei  2019 Tema: Verootmoediging 4

Jona 3 :4 Jona het die stad ingegaan en ‘n dag lank daar rondgestap en toe roep hy: “Nog net veertig dae en Nineve word verwoes!” V5 die mense van Nineve het toe in God geglo en hulle het ‘n dag aangekondig om te vas. Groot en klein het rouklere aangetrek.

**** Ek wonder as dié woorde vanoggend oor jou of my dorp/stad uitgespreek word … Nog vier dae dan word ….verwoes. Dit sê Ninevé het toe in God geglo en hulle het ‘n dag aangekondig om te vas. Die res van die verhaal is in Jona 3 opgeteken , selfs die diere en kinders was in rou klere en hulle het sonder kos EN water gevas. Dit is baie erg. Wat van ons,  glo ons in God en Sy woord. Hou ons soos daardie bedelaar in Deel 1 vas aan ons koppie rys en mis die Hemelse Koning se sak vol goud. Johannes se volgelinge wou weet waarom vas die dissipels dan nie.

Matt 9V14 In dié tyd het die volgelinge van Johannes na Jesus toe gekom en gevra: “Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas glad nie?”  15 Jesus antwoord hulle: “Kan die bruilofsgaste dan treur solank die bruidegom nog by hulle is? Maar daar kom ‘n tyd wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word, en dan sal hulle vas.

Matt 25:1  Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. V5  En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak. 6  En middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet! 10  En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.

Hand 17 V30 “God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer,…

**** Een van ons poslys lede is in ‘n oomblik bloedjonk deur die dood weggeruk. Sy het altyd ‘n nota gestuur en toe raak sy stil. Die dood vra nie hoe oud jy is nie, maar die belangrikste is dit is ek en jy gereed as die laaste sekonde op my en jou aardse horlosie af tik.

GEBED vir VANDAG XYZ

Onse Vader wat in die Hemele woon, aan U bring ons al die lof en eers en heerlikheid. U het weereens ons gebede verhoor en ‘n kragdadige wonderwerk verrig toe mense bid vir Swartwater. Hoe wonderbaar om die Ware Skepper God van die heelal te aanbid om te weet Hy is ons Vader God wat ons so lief het dat Hy Sy Seun reeds vir ons gestuur het. Ek bid vir elkeen onder die laaste 3 letters van die alfabet XY en Z. Dankie, dat U gedagtes geen einde het nie en dat U altyd daar is om ons uitroep na U te hoor en te verhoor volgens U groot en heilige wil. Seën hulle en laat U wil geskied. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde dag en naweek.

Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw

TERUGVOER

Vir diegene wat vas ons begin sononder Saterdagaand vas tot Sononder Dinsdagaand vas . Indien jy net een dag vas is dit sononder die vorige dag tot sononder die volgende dag. Jy kan ook net vir een maaltyd vas

Indien jy die getikte formaat benodig stuur ‘n e-pos na blye.verskering@gmail.com

 

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

 

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 52 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *