BROS SOUTIGE AARTAPPELS

Okkie

Bestanddele
6 groot aartappels, in klein blokkies
300g salami, in blokkies
2 groot uie, fyngekap
3 preie, in dun skyfies gesny
30ml margarien
30ml kookolie
50ml gekapte pietersielie
paprika en sout na smaak
kookolie vir diepbraai

Metode
Verhit olie en botter tot goed warm en voeg uie en preie by. Soteer tot sag en voeg sout en paprika by. Diepbraai aartappels in warm olie tot goudbruin. Meng met res van bestanddele en sprinkel pietersielie oor.

(Visited 8 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui