GEGEURDE KRUMMELPAP:

Anna Eksteen

KRUMMELPAP:
Bestanddele
250ml water
5ml sout
500ml growwe mieliemeel

Bestanddele
Bring water tot kookpunt, voeg sout by en strooi mieliemeel daarin. Verlaag hitte. Kook vir 15 minute. Roer met ‘n vurk of agterkant van ‘n houtlepel om krummeltekstuur te verkry. Prut vir ‘n verdere 45 minute, halfbedek. Roer nog so 2 maal tydens die prutproses.

Geurmiddels
Bestanddele
1 gekapte ui
1 knoffelhuisie, gekneus en gekap
5 m borrie
1 rooi of groen soetrissie, gekap
sout en peper
45 ml gerasperde parmesaankaas

Metode
Braai die uie en knoffel tot deursigtig, voeg die borrie, soetrissie, sout en peper by, en braai vir vyf minute. Meng saam met parmesaankaas by die pap, en laat dit goed warm word, sodat die geure tyd het om deur die pap te trek.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 353 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *