Het jy my lief 1

Maandag 10 Junie 2019 Tema: Het jy my lief 1
**** My eie woorde
****In die lewe vandag sien ons liefde in baie vorms. Ongelukkig word die woord liefde in hierdie lewe so maklik rond gegooi en verbind aan ons vleeslike begeertes. Ware liefde het nie een adres nie, dit verlig die donkerste plek. Liefde maak die arme ryk en die ryke arm wanneer hy dit nie het nie. Tog is dit juis deur te gee dat jy ontvang, deur ‘n uitstorting daarvan vir ander, dat jy vervul word. Nogtans weet ons, ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. Wat is die grootste liefde wat daar is? Net dit dat iemand sy lewe vir iemand anders sal gee.
Joh 15:13 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
1 Joh. 4 :18 Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. 19 Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. **** Dan sê die woord iets baie ernstig en dit het my baie laat nadink
.V20 As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie.
**** Wanneer mens dit lees vra jy jouself af, hoe eg en eerlik is ek en jy voor die HERE.
GEBED vir VANDAG C
Onse Vader ons staan aan die begin van ‘n nuwe werksweek. Baie dankie vir die wete dat U ons lief het . Help ons om daardie onvoorwaardelike liefde met ander te deel. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter C op ons poslys. Mag hulle opnuut bewus word van U warmte en teenwoordigheid in elke saak in hulle lewens. Seën hulle met ‘n hemelse seën In Jesus se Naam. Amen
Geseënde dag en week vir elkeen
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

(Visited 11 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui