Het jy my lief 2

Blye Versekering vir Dinsdag 11 Junie .2019 Tema: Het jy my lief 2

**** My eie woorde

**** Vandag se teksgedeelte sê ‘n paar belangrike goed. Eerstens ‘n gebod of ‘n opdrag is iets wat ek en jy moét uitvoer so dis nie opsioneel nie. –daarna volg die inligting wat gedoen moet word asook wat die gevolge daarvan sou wees indien ons die opdrag sou gehoorsaam. Geen wonder dat Jesus gesê het ons moet soos kindertjies word nie, dis so eenvoudig dat selfs ‘n kind dit kan verstaan .

Joh 13 :34 Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. 35 As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.

**** Die liefde wat ons het wys wat in ons harte aangaan  Indien ons nie liefde vir mekaar het nie- wie se dissipels is ons dan? Dit laat mens dink nè  Tog wil ek ook sê liefde is ‘n vrug van die Gees. Jy hoef nie vir ‘n appelboom te sê: Onthou jy is ‘n appelboom so jy moet asb. appels dra nie, dit sal spontaan appels dra. Net so  hoef ek en jy nie aan die vrug te werk nie  jy gee net jou boom vir die HERE elke dag en die vrug kom vanself .

GEBED vir VANDAG D

Onse Vader dankie vir U onvoorwaardelike liefde, verander ons sodat ons spontaan ander kan liefhê want dan sal die wêreld weet ons is U kinders. Ek bid vandag vir elkeen wie se naam met die letter D begin op ons poslys. Maak hulle bewus van U liefde en kragtige teenwoordigheid in hulle lewens en seën hulle met ‘n hemelse seën. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde dag vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 12 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *