Het jy my lief 3

Blye Versekering

Woensdag 12 Junie 2019 Tema: Het jy my lief 3

****My eie woorde

****In vandag se gedeeltes kry ons twee uiterste. Die een voel, ek is reg, watse sonde doen ek wat so groot kan wees. Die ander een voel dat hulle sonde te groot of te veel is om te vergewe. Wat die HERE in vandag se teksgedeelte sê omtrent die vrou wat sy voete gesalf het- is dat wanneer Hy baie sonde vergewe het, het jy Hom baie lief. Dit beteken nie ek kan nou baie sondig en as Hy baie vergewe het Hy my baie lief nie, nee dit gaan juis daaroor dat die vuilste sondaar met die meeste sonde ’n pad na God se hart kan vind, want die laaste deel sê “Jou geloof” is dit wat saak maak.

Open 3:17  Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.

Luk.7:47  Daarom sê Ek vir jou: Haar sondes wat baie is, is vergewe, want sy het baie liefgehad; maar hy vir wie weinig vergewe is, het weinig lief. V48  En Hy sê vir haar: Jou sondes is vergewe. 9  Toe begin die wat aan tafel was, by hulleself te sê: Wie is hierdie man wat selfs die sondes vergewe? V50  En Hy sê vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan in vrede.

GEBED vir VANDAG  E

Onse Vader, baie dankie dat geen sonde te groot is vir U genade om dit te vergewe nie . Help ons om onsself te sien soos U ons sien en dat sonde nie in U teenwoordigheid kan bestaan nie, want U is Heilig. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter E op ons poslys. My vader wil U hulle opnuut bewus maak dat U juis vir sondaars gekom het om te soek en te red wie verlore is . In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

(Visited 8 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui