Het jy my lief 4

Blye Versekering

Donderdag 13 Junie 2019 Tema: Het jy my lief 4

**** My eie woorde

**** Jesus verskyn die derde keer aan Sy dissipels na Sy opstanding Nadat hulle geëet het  vra Hy 3 keer vir Simon of hy Hom liefhet. Hy noem hom op sy naam maar ook die spesifieke naam toe Hy hulle gevra het wie Hy is en Simon erken het Hy is die Seun van die lewende God. So verseker weet Petrus presies met Wie hy praat

Joh_21:15  Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei. 16  Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Pas my skape op. 17  Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat  my skape wei.

**** Dis baie interessant elke keer dat Petrus antwoord sê hy “ Ja, HERE U weet dit”. Eers is dit lammers, hulle moet wei , dan word hulle skape, hulle is nou meer standvastige Christene maar Sy opdrag hy moet hulle oppas dan die laaste deel gee Hy hom die sending opdrag. Die skape is nou groot en nou moet hulle gaan wei en weer ander lammers inbring. Die Hele gesprek gaan oor die feit al weet Jesus alle en al kon Hy self die werk doen het Hy Sy sending opdrag vir ons elkeen in liefde gegee en moet ons daardie liefde met ander deel sodat hulle deel kan word van hierdie wonderlike genade en liefde

Efes. 6:24  Die genade sy met almal wat onse Here Jesus Christus in onverganklikheid liefhet! Amen.

GEBED vir VANDAG F

Onse Vader baie dankie dat U liefde so groot is dat U bereid is om sondaars te vertrou met so ‘n groot sending opdrag om al die ander skapies na die kraal te nooi. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter F Ek weet net soos U Petrus op sy naam genoem het so ken U hulle spesiale naam. Seën hulle vandag en gee hulle daardie versekering van U liefde in Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

 

(Visited 5 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui