OUTYDSE APPELKOOSKONFYT POEDING IN ‘N BEKER

Lynette Muller

Bestanddele
250ml koekmeel
knypie sout
45ml koue gerasperde botter
2 eiers
250ml melk
7.5ml koeksoda
250ml appelkooskonfyt
15ml suurlemoensap
250ml ideal milk
180ml suiker
1 eier

METODE:
Voorverhit oond na 180°C. Spuit 6 blikbekers baie goed met “spray & cook” Sif koekmeel en sout saam. Vryf die botter met vingerpunte in, tot soos broodkrummels lyk. Klits die eier en gooi by koekmeel, gooi die konfyt en suurlemoensap by, moenie roer nie. Meng koeksoda met melk en gooi by mengsel. Roer alles nou goed saam. Deel die deeg eweredig tussen 6 blikbekers. Bak nou vir +- 30 min by voorverhitte oond tot gaar, toets met pen. Verwyder van oond en laat heeltemal afkoel. Meng nou die ideal melk , suiker en eier goed saam, gooi stadig oor koue gebakte poeding, sit terug in die oond en bak vir verdere 20 min. Bedien warm met lekker vla.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 227 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *