Sy Genade  1

Maandag 3 Junie 2019 Tema: Sy Genade  1

**** My eie woorde

****”Die woord “genade” beteken onverdiende guns. Dit sê, jy is dit nie werd nie, jy verdien dit nie en het dit nie verdien nie, eintlik is niks aan jou verskuldig nie, maar dit word heeltemal verniet aan jou gegee, ja dis gratis heeltemal kosteloos vir jou. So het God deur die eeue al dikwels genade aan die mensdom betoon. Die Here gee deur Gad, drie opsies aan Dawid. Dawid weet hy het verkeerd gedoen. Dan antwoord Dawid dat hy hom liewer op die Here se genade sal beroep.

2 Sam 24:13 Gad het toe vir Dawid die boodskap gebring: “Wat wil jy liewer hê? Sewe jaar hongersnood in jou land, of drie maande waarin jy voor jou teenstanders vlug en hulle jou agtervolg, of drie dae lank pes in jou land? Oorweeg nou goed hoe ek Hom wat my gestuur het, moet antwoord.” V14 Dawid het vir Gad geantwoord: “Ek is in ‘n hoek gedryf. Laat my liewer in die hand van die Here val, want Sy genade is groot. Ek wil nie in die hand van ‘n mens val nie.”

**** Voel jy dalk soos Dawid vandag , jy is in ‘n hoek gedryf dinge is net teveel. Jy weet nie watter kant toe nie  Beroep jou vandag op God se genade, want dit is ook daar vir jou en my. Dit maak nie saak wat jy verkeerd gedoen het nie, hoe groot jou sonde vir jou lyk nie, hoe groot jou krisis lyk nie – beroep jou op Sy genade en vind rus in Hom.

Matt 11:28  Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

Matt 11:28  “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.(NV)

GEBED vir VANDAG U-V

Onse Vader, vanoggend staan ons voor nuwe uitdagings in ons lewens. Dikwels kom daar dinge oor ons pad wat die gevolg is van ons verkeerde optrede soos Dawid. Ons vra vandag vir U genade. Ons bid vandag vir diegene wat geliefdes aan die dood moes afstaan. Versterk hulle en troos hulle met ‘n hemelse troos. Ek bid vir elkeen op ons poslys onder die letter U en V. Wil U aan hulle rus gee in U teenwoordigheid vandag. Laat U wil in hulle lewens geskied, maak hulle las sag en lig. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde dag en week vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 32 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *