Sy Genade   2

Blye Versekering vir  4 Junie 2019 Tema: Sy Genade   2

**** My eie woorde

**** Maria is nog jonk met min ervaring in haar lewe. Dan verskyn die engel Gabriël aan haar. Sy was baie ontsteld. Eerstens stel hy haar gerus. Dan gee hy vir haar die mooiste boodskap wat iemand kan ontvang .

Luk 1:28  En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue. 29 En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken. 30 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.

**** So wat hy vir haar sê is dat sy onverdiende guns by God gevind het. In die volgende deel verduidelik Paulus dat God se genade vir ons genoeg is want wanneer ons swak is, is dit juis Sy krag wat ons dra, 

2 Kor. 12:9 En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede

roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.10  Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.

 **** Mag ek en jy ook daardie guns vandag ontvang.

GEBED vir VANDAG W

Onse Vader vanoggend kan ons net vra wees ons genadig al verdien ons dit nie. Ek bid vir elkeen op die poslys wie se naam met die letter W begin. Wil U hulle omstraal met die lig van U teenwoordigheid soos vir Maria destyds en skenk hulle U genade vandag. In Jesus se Naam Amen

Geseënde dag verder vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 27 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *