Sy Genade 3

Blye Versekering vir 5 Junie 2019 Tema: Sy Genade 3

**** My eie woorde

**** Wanneer mens iemand sou vra of hulle gered is, begin vele te verduidelik al die goeie goed wat hulle doen.  Wat ons doen speel natuurlik ’n groot rol in ons elkeen se lewe. Dan kom die vraag by jou op: “maar ek is so groot sondaar is daar genade vir my?” Eerste wat ons aanbied vir die HERE is ons goeie werke maar die woord sê my beste dade is soos vuil klere in God se teenwoordigheid omdat Hy immers sondeloos en Heilig is. Dan kom die genade woord in Titus waar hy sê dat Sy genade aan ALLE mense verskyn. Dit sluit elkeen in maak nie saak hoe sondig jy is nie. Die verskil is, wat maak ek met daardie genade.

Jes. 64:6 Ons het almal geword soos mense wat onrein is, ons beste dade is soos vuil klere; ons is almal soos verdroogde blare, ons word deur ons sondes weggewaai soos deur ‘n wind.

Efes. 2:8  Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;

Titus 2: V11 Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn.  V12 Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe,  V13 terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn.  V14 Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen.

**** So wat die woord sê is dat dit suiwer genade van God is wat ons red wanneer ons in Hom glo en dit lei dan tot ‘n nuwe lewenswyse . Dis nie ons lewenswyse wat ons red nie, ons optrede wys juis dat ons gered is.

GEBED vir VANDAG  XYZ

Onse Vader baie dankie vir U grote genade om sondaar soos ons te red. Dankie, dat U verlossing ons vrymaak om ons verkeerde lewenswyse te laat vaar terwyl ons uitsien na die dag wanneer U ons kom haal. Ek bid vir elkeen onder die letters XYZ op ons poslys. Wil U elkeen seën na die grootheid van U genade . In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 27 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *