Sy Genade  4

Blye Versekering vir 6 Junie 2019 Tema: Sy Genade  4

**** My eie woorde

****Meeste ken seker die verhaal van die seuntjie wat ‘n seilbootjie gemaak het. Dae lank het hy en sy Oupa gesit om die bootjie te maak. Hy kon nie wag om dit uit te toets nie. Uiteindelik het die dag aangebreek en hy is af na die rivier daar naby om die bootjie te toets. Hy kyk so trots na sy bootjie en sien hoe vaar die bootjie so pragtig. Skielik kom daar ‘n sterk wind op en daar trek die bootjie al verder en verder en weg is sy bootjie. Sy hart was stukkend. Al die harde werk en gespartel was verniet. ‘n Paar weke later gaan hy en Oupa na ‘n nabygeleë dorpie vir inkopies. Hy loer by ‘n tweedehandse winkel se venster in en tot sy grootste verbasing sien hy sy bootjie. Hy gaan in en vertel die oom agter die toonbank dis sy bootjie en wys na die voorletters wat selfs daarop uitgekerf is. “Nee seun ek het daardie bootjie van iemand gekoop en dit is wat dit nou kos”. Hy het baie treurig saam met sy oupa huis toe gegaan en begin spaar. Elke keer wanneer hulle in die dorp kom gaan loer hy of sy bootjie nog daar is. Uiteindelik toe hy die presiese bedrag bymekaar het, is hy saam dorp toe en koop sy bootjie terug. Hy druk sy bootjie teen sy bors vas en sê jy is nou dubbel myne ek het jou nie net gemaak nie, ek het jou ook terug gekoop 

Kol 1:16  want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. 17 En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

1Kor 6:20  Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

Joh. 1V16 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.

Joh.3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 17  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

GEBED vir VANDAG A

Onse Vader baie dankie dat U ons deur U Seun geskep het maar dat Hy ons met Sy lewe kom terug koop het. Ons is nou dubbel Syne en het genade op genade ontvang het. Hy het ontvang wat ons verdien sodat ons kan ontvang wat Hy verdien. Ek bid vir elkeen onder die letter A vandag. Wil U hulle uitroep na U hoor en verhoor vandag. Omvou hulle met die lig van U teenwoordigheid. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 26 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *