Sy Genade 5

Blye Versekering 7 Junie 2019 Tema: Sy Genade 5

**** My eie woorde

**** Dit gebeur dikwels dat ek en jy ly of swaarkry juis omdat ons dit verdien weens ons verkeerde keuses en optrede. Nie omdat ons gestraf word nie, maar  omdat dit gevolge is van ons optrede. Veronderstel iemand het jare gerook en besluit om die HERE ten volle te gehoorsaam. Die HERE vergewe daardie persoon volkome maar die skade aan die liggaam bly daar met Emfiseem of wat ook al. Daar is uitsonderings maar ek praat in die algemeen. Die ander kant van die munt is ook waar en dit is wanneer ek en jy ly terwille van die reguit en smal pad om binne God se wil te bly  DAN is dit genade by God. Dit beteken Hy sien dit en Hy weet dit en Hy is met jou.

1Pet.2:19  Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly. V20  Want watter roem is daar as julle verdra wanneer julle sonde doen en geslaan word? Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly—dit is genade by God.

1Pet.4:15  Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van ‘n ander bemoei nie. V16  Maar wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig.

GEBED vir VANDAG B

Onse Vader wat in die hemele woon, Wanneer ons besef hoe U Seun gely het terwille van ons sonde dan besef ons eers hoe vêr ons te kort skiet. Ek bid vandag spesiaal vir diegene wat bitter swaarkry juis omdat hulle U lief het. Seën hulle en dra hulle deur. Ek bid ook vir elkeen onder die letter B vandag. Liewe HERE sien hulle harte aan en hoor en verhoor hulle gebede volgens U wil. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde dag en naweek. Tot Maandag as ons gespaar bly

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 32 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *