APPEL & PYNAPPEL POEDING

Lynette Muller
.
Bestanddele
50g (60ml) botter of margarine
125 ml strooisuiker
2 eiers geklits
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
1 ml sout
50 ml melk
1 blikkie onversoete tertappels (465g)
1 blikkie pynappelstukkies (410g)(gedreineer)
Fyn pypkaneel

Sous:
250 ml Ingedampte melk
250g suiker
5 ml geursel (vanilla of caramel)

Metode:
Klits botter en strooisuiker tot room, voeg eiers by. Sif meel en bakpoeier en sout saam en voeg om die beurt met die melk by.
Skep in slow-cooker se bak. Sny pynappelstukkies en appelstukkies kleiner, strooi dit egalig oor die deeg en druk dit in die deeg met ‘n vurk. Strooi kaneel oor en sit foelie op pot en sit die deksel op. Bak op High vir 1 uur. Toets of die deeg gaar is. Kook die sous bestanddele saam vir paar minute. Prik die deeg so bietjie met ‘n vurk, en gooi sous oor. Kook vir nog 15 min op Low. Laat bietjie afkoel en bedien met vla. (My pot is klein, so ek het een koppie appelstukkies en een koppie pynappelstukkies gebruik.).

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 362 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *