Aspersie Tert

Woumarie

Bestanddele
30 ml (2 e) koekmeelblom
30 ml (2e) botter of margarine
2,5 ml (1/2 t) sout
1 ml (1/4 t) rooipeper
250 ml (1 kop) Melk of mengsel van melk en aspersiewater
2 eiers, geskei
250 ml (1 kop) gerasperde Cheddarkaas
15 ml (1e) gekapte ui
15 ml (1 e) botter of margarine
1 blik (410g) aspersies

Metode
Voorverhit die oond tot 200°C. Voer ‘n tertbord uit met die deeg. Maak witsous van die koekmeelblom, botter, sout, rooipeper en vloeistof.
Voeg geklitste eiergele en kaas daarby. Meng goed. Braai ui goudbruin in 15 ml (1 e) botter en voeg by. Sny aspersies in stukkies en roer in mengsel. Klits eierwitte styf en vou in. Giet mengsel in tertkors. Bak 20 tot 30 minute lank en verminder hitte na die eerste 10 minute tot 180°C.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 105 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *