Asynhoender Jarnac – hierdie keer met room en mosterd

Oftewel Poulet au vinaigre de vin

Ons kook so maklik met wyn, maar hoekom nie ook met asyn nie?
12 klein uitjies (die soort wat vir piekels gebruik word)
45 ml olyfolie
60 g pancetta of ontbytspek, in blokkies gesny
250 g knopiesampioene, afgevee
3 knoffelhuisies, fyngekap
1 groot skrophoender, in 8 stukke opgesny
190 ml goeie rooiwynasyn (kan helfte met goeie balsemiekasyn aanvul)
500 ml hoenderaftreksel
3 lourierblare (vars of gedroog)
250 ml room
30 ml Dijon mosterd
Fyngekapte pietersielie vir garnering
Bedien met rys, kapokaartappel, fettucini of net groot hompe baguette.

Kook die uitjies skil en al in gesoute water tot die skille net begin loskom, dreineer en verwyder die skille.
Hou uie eenkant.
Verhit olie in ‘n groot swaarboompan en braai die spek of pancetta tot goudbruin.
Haal uit met gaatjieslepel en hou eenkant.

Soteer die sampioene tot bruin en voeg die gaar uitjies en knoffel by.
Soteer vir verdere 4-5 minute.
Maak seker dat die knoffel nie brand nie en die uie heel bly.
Haal uit met gaatjieslepel en hou eenkant.

Geur die hoenderstukke met sout en peper en braai in dieselfde pan sowat 10 minute aan ‘n kant.
Voeg die asyn, sampioene, lourierblare, spek of pancetta, uie- en knoffel, en hoenderaftreksel by.
Prut tot die hoender net-net van die been af loskook en die asyn se erg-suur versag het.
Voeg die room en mosterd by, proe en geur met sout en peper, laat liggies prut tot deurwarm (sonder om te kook, anders kan dit skif).
Skep saam met al die sous in ‘n warm opdienbak en strooi pietersielie oor.

Bron: https://huiskok.com/2019/06/28/franse-ervaring-uit-die-bootkombuis-die-lekkerste-skrophoender-met-asyn-room-en-mosterd/
Erkenning: ‘n hartlike dank aan Marius Du Plooy Toere.
Facebook-blad vir Marius Du Plooy Toere.
Foto’s: Ian Du Toit.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 58 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *