BIEF-EN-RISSIE RYSKASSEROL

Rika Theron
4 porsies

Bestanddele:
50 ml olie
4 groot uie, gesny
3 rissies (1 groen, 1 rooi, 1 geel) gesny
sout & peper
1 kg stowebeesvleis, in 8 groot stukke gesny
25 ml meel
75 g botter
2 lourierblare
250 g langkorrelrys
tiemietakkie.

Metode:
Verhit olie, braai uie 3 – 4 minute lank vinnig oor hoë hitte, maar moenie laat brand nie en gebruik houtlepel om vinnig te roer. Voeg rissies by en braai nog 2 – 3 minute lank. Voeg 50 ml koue water by. Hou eenkant tot vleis klaar berei is. Geur vleis met sout & peper en rol in meel. Smelt botter in braaipan en braai vleis 5 – 6 minute lank alkante bruin oor hoë hitte. Sodra vleis mooi bruin is, voeg dit by groente saam met tiemie en lourierblare. Bedek met water (voeg nog koue water by, indien nodig). Laat opkook, proe vir smaak, sit deksel op en prut 1 1/2 uur lank. Voeg rys by, laat opkook en roer 1 keer. Verminder hitte, sit deksel op en prut sowat 15 minute lank tot rys sag en vloeistof geabsorbeer is. Voeg ekstra vloeistof gedurende kooktyd by, indien nodig.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 25 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *