BREDIE MET MINCE

Woumarie

Vinnige mince-bredie Genoeg vir 4

BESTANDELE
125 g maer bees maalveis
1 ui, dun gesny
250 ml warm beef-aftreksel
2 aartappels, gehalveer en dun gesny
3 selderystingels, dun gesny
2 lourierblare
2 ml gekapte tiemie
Sout en varsgemaalde swartpeper
4 wortels, dun gesny
60 ml droë rooiwyn
30 ml koekmeel

METODE
Rol die maalvleis in klein bolle en brown in ’n medium tot warm pan. Voeg die ui by en soteer vir 1 minuut. Voeg die aftreksel, groente en kruie by en geur met sout en peper na smaak. Bedek en laat vir 15 minute prut oor lae hitte. Meng die wyn en meel en voeg by kos in pan.
Laat prut vir nog 4 minute terwyl jy af en toe roer. Bedien met rys, pasta of mash.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 163 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *