Brood 1

Blye Versekering vir 8 Julie 2019 Tema: Brood 1

**** My eie woorde

**** Die dissipels vra dat Jesus hulle leer bid. Hy praat met Sy Vader en dan sê Hy in Sy gebed

Matteus 6:11  gee ons vandag ons daaglikse brood,…

**** Wat dit eintlik sê is nie dat ons elke dag ‘n stukkie brood moet kry nie, maar dat ons sal kry volgens ons behoefte genoeg vir elke dag. Ek en jy dink dadelik aan wat ons eet en drink, maar Jesus gee ‘n groter betekenis om ons te kom leer wat regtig saak maak. Ek wil jou vanoggend daardie versekering gee, een dag sonder kos in die teenwoordigheid van die HERE is meer werd as ‘n oor versadigde maag sonder Hom.

Matteus 4:4  Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

**** Dan hierdie wonderlike versekering as ons werklik iets nodig het, SAL Hy dit gee….die vraag is net waarvoor bid ons regtig. Gaan dit oor “ me. my and I “ Of HERE hier is ek stuur my.

Matteus 7:9  Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ‘n klip sal gee;

GEBED vir VANDAG M

Onse Vader ons bring aan U lof Eer en dank vir U grootheid en almag. Ons kyk net in ons ou klein wêreldjie vas en het so dikwels nie eers ‘n idee van hoe groot U in die heelal is nie. Ons vra vandag gee ons vandag dit wat ons nodig het, want dan weet ons dit sal die beste wees. Ek bid vanoggend vir elke man en vrou wat op ons poslys is wie se naam met die letter M begin. Gee hulle vandag hulle daaglikse brood volgens U wil . In Jesus se naam . Amen.

Geseënde dag en ‘n wonderlike week vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 11 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *