Brood 2

Blye Versekering vir 9 Julie 2019 Tema: Brood 2

**** My eie woorde

**** Mens staan dikwels in verwondering oor die woord. Drie “manne” daag op die warmste van die dag by Abraham op. Hy vra vir genade in hulle oë, om hulle voete te was en hulle te laat rus en dan bied hy ‘n stukkie brood aan. Tog gaan sê hy vir Sara om die beste te maak

Gen 18:3  En hy sê: My heer, as ek nou genade in u oë gevind het, gaan dan tog nie by u kneg verby nie. 4  Laat hulle tog ‘n bietjie water bring, en was u voete, en lê en rus onder die boom. 5  En laat ek ‘n stukkie brood gaan haal, en versterk u hart—daarna kan u verder gaan—want daarom het u by u kneg aangekom. En hulle antwoord: Doen soos u gesê het. 6  Toe loop Abraham haastig in die tent na Sara en sê: Maak gou, knie drie mate meel, die beste, en maak roosterkoeke.

****Abraham het nie geweet wie dit was nie, maar kyk wat sê die woord

Heb 13:2  Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.

**** Miskien het jy al iets gegee en jy besef nie eers dat dit wat jy gegee het, het jy eintlik vir God gegee nie al is dit net ‘n stukkie brood.

Matt 25:40  En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.

GEBED vir VANDAG  N

Onse Vader alles op die aarde en in die heelal behoort aan U. Hoe wonderbaar is U om ons daarmee te vertrou. Dankie, vir elke persoon wat gee sonder om terug te verwag. Seën hulle soos U Abraham geseën het. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter N. Mag hulle opnuut vandag bewus word van U ontferming genade en liefde vir stukkende mense. In Jesus se naam Amen.

Geseënde dag aan elkeen en sterkte vir almal wat weer terug is by die skool

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 71 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *