Brood 3

Blye Versekering vir 10 Julie 2019 Tema: Brood 3
**** My eie woorde
**** Hoe interessant, toe Jesus die skrif aanhaal in Maandag se deel, (Matt 4.4) is dit juis hierdie gedeelte. Nogtans lees ons so haastig. Kyk wat sê die deel eintlik. Hy het jou verootmoedig juis deur jou swaarkry dan kom Sy voorsienigheid, Hy gee manna wat hulle nie geken het nie- hemelbrood en dan sê Hy wat die doel daarmee is. Miskien het jy al ook gedink soos ek, die HERE is so vreeslik goed vir my …wat het ek gedoen? Die antwoord in die tweede deel, dis niks wat jy gedoen het nie dis suiwer ‘n gawe van God. Hoe oorweldigend is dit nie.
Deut. 8:3 En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan.
Ps.105:40 Hulle het gebid: toe laat Hy kwartels kom; en Hy het hulle versadig met hemelbrood.
Pred.5:19 (5:18)NV God gee aan ‘n mens rykdom en besittings en laat hom dit geniet. God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen. Dit is ‘n gawe van God.
Lukas 19:10 Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.
GEBED vir VANDAG O
Onse Vader baie dankie dat U ons hemelse Vader is. Dat U ons elkeen beter verstaan as wat ons oneself verstaan. Baie dankie dat U altyd voorsien op maniere wat ons nie eers dit verwag of verstaan nie, maar dit uiteindelik gaan om ons te red vir U Koninkryk. Dankie, vir elke gawe uit U hand. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter O op ons poslys. Help hulle om U hand in hulle lewens raak te sien want U is die ware God van Verlossing redding en genade. In Jesus se naam. Amen
Geseënde dag vol genade vir elkeen.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 6 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *