Brood 4

Blye Versekering vir 11 Julie 2019 Tema: Brood 4
**** My eie woorde
**** Ons hoor, sien en beleef hoe die hele samelewing besig is om te verval. Vele worstel om net te oorleef en almal hoop en vertrou dat dit weer beter sal gaan. Kom ek en jy verskuif ons fokus na dit wat van lewensbelang is en dis Jesus Christus.
Joh 6 v 32 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel. 33 Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee.
34 Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood. 35 En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie. 36 Maar Ek het vir julle gesê dat julle My gesien het, en tog glo julle nie. 37 Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.
Matteus 5:6 Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.
**** Alles op die aarde gaan eendag tot niet, maar as ek en jy Christus in ons lewens het, maak dit nie saak nie, want daar wag ‘n ewigheid van dit wat my en jou beste verwagtinge oortref. Dink daaraan om vir altyd in die teenwoordigheid te leef van Hom wat Sy lewe vir my en jou afgelê het.
1Kor.2:9 Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.
GEBED vir VANDAG P
Onse Vader, U gee werklik elke dag ons daaglikse brood, maar vandag vra ons, voed ons opnuut met die Brood van die lewe. Vul ons binneste met Jesus Christus en mag U alleen al die lof en eer daarvoor ontvang. Ek bid vir elkeen onder die letter P op die poslys vandag. My Vader miskien dra hulle ‘n donkerheid in hulle harte, verlos hulle daarvan en vul hulle met U heerlikheid. Ons verlang om eendag vir altyd en altyd aan U voete te sit. In Jesus se naam. Amen
Geseënde dag vir elkeen.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 10 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *