Brood 5

Blye Versekering vir 12 Julie 2019 Tema: Brood 5
**** My eie woorde
*Goeiemôre almal. Ek wil julle herinner dat ons tans ‘n groep mense is wat saam bid elke weeks oggend 5uur. Jy kan ook later bid as die tyd jou nie pas nie. Ek stuur ‘n boodskap elke oggend. Die gedagte is dat ons vir dieselfde versoeke bid. Jou naam kom ook op die lys Dit is ‘n “broadcast” groep dus is dit privaat. Jy mag enige tyd my vra om jou naam af te haal*.
****Brood- ons weet almal wat brood is. Dit kom van die vroegste eeue af. Toe Moses die voorbeeld van die Tabernakel sien, was daar 12 toonbrode. Dit het nie suurdeeg bevat nie wat suurdeeg stel sonde voor. Dit is eenmaal per week vervang en die Priesters het hierdie toegewyde brood geëet. Dit het Jesus se liggaam verteenwoordig en dit mag nie verderf het nie, omdat Sy liggaam ook nie in die graf verderf het nie. Dit het ook God se teenwoordigheid by hulle maaltyd aangedui en Jesus het kom wys hoe Hy self dit vervul het .
1 Kor. 11:24 en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.
Ps. 129:3 Ploeërs het op my rug geploeg; hulle het hul vore lank getrek.
Jes. 53:7 Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.
Joh.6:48 Ek is die brood van die lewe.
Joh 1:12 (AFR1953) Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Naam glo;
GEBED vir VANDAG Q-R
Onse Vader baie dankie vir elke dag se brood maar boweal dat U die ware Brood van die lewe vir ons gestuur het. Dis my gebed dat ons almal eendag aan U-tafel mag sit om die maaltyd van alle eeue by te woon. Wat ‘n dag sal dit nie wees nie. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter Q en R op hierdie poslys. Wil U kragdadig vir hulle voorsien wat ook al hulle behoefte is volgens U kosbare wil. In Jesus se Naam. Amen
Geseënde dag en naweek vir almal. Tot Maandag as ons gespaar bly
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 11 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *