DIE LEKKERSTE FUDGE

Lynette Muller

Bestanddele
125 ml (115 g) botter
15 ml gouestroop
30 ml melk
750 ml (655 g) strooisuiker
1 blik kondensmelk
5 ml vanieljegeursel
’n knippie kremetart

METODE:
Smelt die botter, stroop, melk en 15 ml water saam in ’n swaarboomkastrol. Haal die kastrol van die plaat af en voeg die suiker by. Sit weer op die plaat en verhit tot kookpunt. Kook vir vyf minute en roer die heeltyd. Haal van die plaat af en laat vir ’n minuut afkoel. Gooi die kondensmelk in ’n dun straaltjie by en hou aan met roer. Sit weer op die plaat en kook vir 15 minute oor ’n lae hitte.
Roer die heeltyd om te keer dat dit vasbrand. Die mengsel is gereed wanneer dit ’n goudbruin kleur het en die hardebal-stadium bereik het. Drup ’n klein bietjie van die mengsel in ’n bak met koue water. Dit moet ’n ferm balletjie vorm. Roer nou die vanieljegeursel en kremetart by. Gooi die mengsel in ’n gesmeerde en gevoerde 20 x 20 cm-pan en laat dit staan tot dit begin stol.
Sny dit in blokkies. Laat dit heeltemal stol voor jy dit uit die pan haal. Bêre in ’n lugdigte houer.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 32 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *