Ek sink-help 1

Blye Versekering vir 1 Julie 2019 Tema: Ek sink-help 1

**** My eie woorde

****Ek hoor dikwels mense sê: “Ek kan nie meer nie”. Dawid beleef dieselfde in sy lewe, want dit voel of hy besig is om in modderwater te verdrink. Wanneer ons voel ons verdrink, is dit suiwer dat die water oor jou kop gaan en jy voel jy kry nie asem nie. Nogtans is dit veel erger vir Dawid want hy sê die waters het tot by sy siel gekom. Ek glo wat hy daardeur probeer sê is dat dit sy geestelike verhouding met God oorspoel is.

Ps 69V (69:2) Verlos my, o God, want die waters het tot by die siel gekom.  2  (69:3) Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my.  3  (69:4) Ek is moeg van my geroep, my keel brand, my oë versmag terwyl ek wag op my God.

Dan sien ek ook in hierdie Psalm wat Christus vir my en jou deurgemaak het aan die kruis. Hy het die donkerste donker beleef wat ek en jy vir ons sonde moes beleef en dit is skeiding van ons Hemelse Vader en Heilige Gees, totdat Hy uitgeroep het in Sy verlatenheid

Matt.27:46  en omtrent die negende uur het Jesus met ‘n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?

**** Dan kom die uitroep tot my en jou vandag….

Jes.55:7  Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.

**** maar nou voel jy jy is darem nie goddeloos nie,  en watse kwaad doen jy dan nou eintlik.? My teenvraag is, aan wie meet ek en onsself? Wanneer ek en jy lang Christus sou staan vandag hoe sou ons meet?

GEBED vir VANDAG H

Onse Vader baie dankie dat ons hierdie nuwe maand, nuwe werksweek en nuwe dag saam met U kan ingaan. Soos Dawid weet ons dat sonde ons oorspoel soos modder en slegs U kan ons daarúít help. So dankie dat U reeds die prys vir elke sonde betaal het, help ons om dit in geloof te aanvaar en ons eie te maak. Ek bid vir elkeen onder die letter H vandag. Ek vra Vader raak hulle aan met U goddelike hand van genade genesing en sorg in Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag en week vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

BAIE DANKIE,! ‘n Spesiale woord van dankie aan diegene wat ‘n bydrae tot hierdie bediening gemaak het. Sommige persone kan ek bedank omdat ek weet wie hulle is maar ander bly anoniem. Onthou net dit :

Matt 6:18……..maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 42 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *