Ek sink-Help! 3

Blye Versekering vir 3 Julie 2019 Tema: Ek sink-Help! 3

**** My eie woorde

****Ons tema die week sê “Ek sink-Help” Het jy al so gevoel, of dalk voel jy tans so? Waarom die Heilige Gees vanoggend die gedeeltes gegee het weet ek nie, maar Hy weet. Is dit dalk die rede waarom vele van ons voel ons sink?  Dalk het jy self al hulp op verkeerde plekke gaan soek. In ons eie land is daar vele wat “dooies” raadpleeg. Dis waarlik tyd dat ons regmaak en skoonmaak .

Lev.19:31  Moenie hulp soek by geeste of waarsêers nie. Dit sal julle onrein maak. Ek is die Here julle God.

Lev.20:6  Enigiemand wat aan My ontrou is deur hulp te soek by geeste of waarsêers, teen hom sal Ek optree: Ek sal hom van sy volksgenote afsny.

Deut 18:9  As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie. 10  Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan—wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie,

Ps 121:1  ‘n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? 2  My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

GEBED vir VANDAG  J

Onse Vader, ek bely namens ons volk wat wetende of onwetend U woord oortree het wat ons vandag gelees het. Soos Dawid kan ons net sê “Ek slaan my oë op na U, waar ons hulp en ons redding vandaan kom “U alleen is die waaragtige Skepper God en daar is geen ander nie. U alleen  is alsiende, alomteenwoordig, alwetend. Aan U bring ons al die eer omdat U al die antwoorde ken. Ons plaas ons opnuut in U hande en vra laat U wil geskied soos in die hemel net so ook op hierdie aarde. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter J op ons poslys. Seën hulle met ‘n hemelse seën, vol wysheid, insig, genade en liefde. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde dag vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 47 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *