Ek sink-help 5

Blye Versekering 5 Julie 2019 Tema: Ek sink-help 5

**** My eie woorde

**** Jesus kyk na ‘n skare mense, maar Hy kyk met Sy hart. Ons lees Hy sien hulle is moeg en uitgeput, maar wanneer ons die daaropvolgende woorde lees weet ons Hy kyk anders. Hulle is moeg van siekte ellende en die lewe, met valse predikers, misleiding en dwaling ….dan kom die woorde….. soos skape sonder ‘n herder. Dan volg die kosbare woorde toe Hy so na hulle kyk, kry Hy hulle innig jammer. Dis nie ‘n leë jammerte nie, dis daardie ware omgee jammerte, omdat Hy hulle teen sy bors wil druk soos ‘n herder ‘n lammetjie optel en dra. Dan sê Hy daar is baie maar min wat regtig omgee vir die oes.

Matt 9:36  En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie. 37  Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. 38  Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.

**** Dan gee Jesaja die antwoord

Jes. 50:10  Wie is daar onder julle wat die HERE vrees, wat na die stem van sy Kneg luister, wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie? —laat hy vertrou op die Naam van die HERE en steun op sy God!

GEBED vir VANDAG  L

Onse Vader, waarlik die oes is so groot vandag en daar is so min wat dit raaksien, wat nog te sê omgee. Dis net U wat omgee harte kan maak, want ons is so vol van self en ons eie saak. Vergewe ons asseblief na die grootheid van U genade. Ek bid vanmôre vir elkeen wie se naam met  die letter L  begin op hierdie poslys. My Vader staan ‘n wyle stil by elkeen van hulle. Mag hulle U hand op hulle skouer voel en ‘n stem hoor wat sê “ My seun my dogter dit is die weg”. In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie en naweek vir elkeen. Tot Maandag as ons gespaar bly.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 37 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *