MURGPAMPOENTJIE TERT

Woumarie

Bestanddele
4 porsies
1 vel blaardeeg
100 g gladde maaskaas
80 g pecorino-kaas, fyngerasper
4 groot murgpam-poentjies, in skyfies gesny
1 knoffelhuisie, fyngekap
30 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

METODE:
Verhit oond tot 200 °C. Sit blaardeeg op ’n uitgevoerde bakplaat. Vou rante van deeg so 2 cm na binne. Smeer maaskaas oor deeg. Sprinkel helfte van pecorino-kaas oor. Meng murgpampoentjies, knoffel en olyfolie in ’n bak. Geur met sout en swartpeper. Rangskik murgpampoentjie-skyfies bo-op maaskaas en sprinkel res van pecorino oor. Bak vir 45 minute totdat deeg gaar is. Sit warm voor

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 40 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *