Nog ‘n kans   1

Blye Versekering vir 15 Julie 2019 Tema: Nog ‘n kans   1

**** My eie woorde

****”Kan jy onthou as kind, wanneer een van jou ouers sê : “ Dis nou jou laaste kans” Daardie oomblik het jy geweet, as jy nou weer dieselfde oortreding begaan het jy moeilikheid. Sodom en Gomorra se sonde was groot en swaar. Die besluit is geneem om daardie stede te verwoes. Dit was hulle laaste kans. Dis vir my so interessant. Indien ek ‘n bestuurder is van ‘n maatskappy en al die nuus wat ek kry is net sleg. Dan neem ek ‘n besluit om een dag sélf te gaan kyk hoe dit daar gaan. Is al die goed wat ek hoor regtig waar? Dis dan ook wat die HERE doen.

Gen 18:20  Verder het die HERE gesê: Die geroep oor Sodom en Gomorra is waarlik groot, en hulle sonde is waarlik baie swaar.21  Ek wil neerdaal en sien of hulle werklik gehandel het soos die geroep oor hulle is wat by My gekom het; en so nie, Ek wil dit weet.

**** Toe ons HERE Abraham vertel wat Sy plan is, tree Abraham in, hy dink daaraan dat daar moontlik regverdige mense, d.w.s. van God se kinders daarin kan wees. Sy broerskind Lot en sy gesin woon ook daar, Hy begin by 50 en kom elke keer af met 5

Gen 18:23  En Abraham het nader gekom en gesê: Sal U ook die regverdige saam met die goddelose ombring?

Gen 18:32  Toe sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie en laat my net hierdie keer mag spreek. Miskien sal daar tien gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die tien nie verwoes nie.

**** Weet julle die HERE is bereid om die STAD te spaar as daar net 5 sou wees, maar daar was nie. Nogtans gee Hy Abraham se mense ‘n kans en Lot se vrou verbeur selfs daardie laaste kans. Die vraag vanoggend is hoeveel kanse het ek en jy al gekry en wat maak ons daarmee? Wees verseker terwyl jy vandag hier lees, sê die HERE jy het nog ‘n kans want soos die spreekwoord sê terwyl daar lewe is, is daar hoop. 

GEBED vir VANDAG S

Onse Vader, ons sal nooit regtig U genade en liefde verstaan nie. Baie dankie daarvoor. Ons beroep ons op U genade en liefde vandag en vra, gee ons nog ‘n kans, in ons land, in ons werk, in ons gesinne. Bo alles help ons, om dit wat ons verbrou het reg te maak. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter S. Ek vra dat U hulle styf sal vashou en hulle sal versorg en lei op die pad vorentoe, sodat hulle in geloof kan aan gaan. In Jesus se Naam Amen .

Geseënde dag en week vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 15 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *