Nog ‘n kans 2

Blye Versekering vir 16 Julie 2019 Tema: Nog ‘n kans 2
**** My eie woorde
****Mense die Bybel is ‘n wonderlike boek. Die HERE vertel Moses alles wat Hy beplan, en in Sy voorkennis weet Hy Farao se optrede. Farao het nege keer God se hand met wonderwerke aanskou en met oëverblindery maak die towenaars dit na. Hierdie keer is dit sy laaste kans. Onthou, 9 keer het Farao gesê die volk kan maar trek, dan sodra die plaag ophou weier hy. Die HERE beskou die letterlike volk Israel as Sy eersteling, Sy eerste seun, Sy eersgeborene.
Eks. 4:22 Dan moet jy vir Farao sê: So spreek die HERE: My eersgebore seun is Israel.
**** Dan kom die laaste plaag en omdat Farao God se eersgeborene nie wil laat trek nie word die pasga ingestel. Almal wat gehoorsaam kom vry maar die res se eersgeborenes sterf.
Eks.11:1 Verder het die HERE vir Moses gesê: Nog een plaag sal Ek oor Farao en oor Egipte bring. Daarna sal hy julle hiervandaan laat trek. As hy julle geheel en al laat trek, sal hy julle selfs hiervandaan wegdrywe.
Eks 12:29 En middernag het die HERE al die eersgeborenes in Egipteland getref, van die eersgeborene van Farao af wat op sy troon gesit het, tot die eersgeborene van die gevangene toe wat in die gevangenis was, en al die eersgeborenes van die diere.
**** Nou kom my vraag vandag. Veronderstel dis vandag my en jou heel laaste kans. Onthou nie een van ons weet dit nie. Moontlik het daar gebeure in ons lewens plaasgevind sodat ons weet die HERE roep uit na ons maar ons stoot dit weg…want môre is nog ‘n dag. Farao het gedink…, “Ag wat 9 keer is die plae gestop” …Maar helaas dit was sy laaste kans.
GEBED vir VANDAG T
Onse Vader, wat meer kan ons sê as dankie dat ons vanoggend wakker geword het en hierdie woorde kon lees of hoor, want dit beteken ons het nog ‘n kans. In ‘n oomblik in ‘n oogwink kan ons situasie verander. Help ons elkeen om nie met U genade te speel nie. Ek bid vandag vir elkeen wie se naam met die letter T begin op ons poslys. Kyk in hulle harte en mag hulle opnuut bewus word van U groot liefde en omgee vir sondaars soos ons. In Jesus se Naam Amen .
Geseënde dag vir elkeen .
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 42 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *