Nog ‘n kans   3

Blye Versekering vir 17 Julie 2019 Tema: Nog ‘n kans   3

**** My eie woorde

**** Jare gelede het James Corbett aan die historiese swaargewig boksgeveg deelgeneem. Een-en-twintig moordende rondtes, en toe behaal hy die oorwinning. Sy formule vir sukses? Dis my laaste kans. Veg nog net een rondte! Al bloei jou neus en jou oë is blou, en jy is so moeg dat jy wens jou opponent wil gaan lê, hou aan en veg-  nog net een rondte!

Spr 24:16  Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.

**** Job verloor al sy kinders in een dag. Hy verloor al sy vee en besittings in een dag, en selfs sy werkers sterf. Nogtans hou Job aan sy kans van lewe vas, en hoop op die Allerhoogste.

Job 13:15 Kyk, al wil Hy my ombring—ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.

**** Jesus vertel die gelykenis van die vyeboom . Die boom staan al drie jaar en elke jaar kom die tuinier vrugte soek en daar is niks. Dan gee die tuinier opdrag en sê kap hom uit , want hy maak selfs die grond onvrugbaar waar hy staan. Wat ‘n boodskap. Hoe lyk my en jou boom … is dit dalk ons laaste kans. Dan sien ons in die gelykenis die genade van Christus, want net so tree Hy vir jou en my in by ons Vader as sê:

Luk_13:8  Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het.

**** Onthou spit en mis gee is seer, en nie maklik nie. Jou wortels word raak gespit en dit pyn. Die stank van die mis en gemors om jou is erg, maar dan, wanneer die nuwe seisoen aanbreek sien jy die eerste groen blaartjies van Sy genade.

GEBED vir VANDAG  U en V

Onse Vader baie van ons het al gevoel soos James Corbett. Ons neus is stukkend, ons oë blou en ons is totaal uitgeput van die houe van die lewe. Dan gryp ons U woord vas wat sê, al val ‘n regverdige hoeveel keer, in U krag staan ons weer op. Dit maak nie saak hoe seer ons al gekry het deur mense, of situasies nie, help ons om te besef, U is besig om ons bome reg te maak vir nuwe groei. Ek bid vir elkeen op ons poslys onder die letter  U en V Gee hulle elkeen vandag nog ‘n kans om op te staan en weer die volgende rondte van die lewe aan te pak. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 14 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *