Nog ‘n kans 4

Blye Versekering vir 18 Julie 2019 Tema: Nog ‘n kans 4
**** My eie woorde
****Het jy al iets gemaak of vir iemand gegee en daarna is dit verwoes. Dink maar aan ‘n Pa wat sy hande af gewerk het vir sy kinders en dan koop hy vir sy seun ‘n motor. Daardie seun jaag en verniel daardie motor totdat hy op een aand amper sy lewe verloor in ‘n ongeluk en die motor afskryf. Daardie Pa huil nie oor die kar nie, maar oor sy seun en is spyt dat hy die kar gekoop het . Wel, ons Skepper maak hierdie aarde met ‘n volmaakte tuin sonder sonde. Dan vorm en skep Hy ‘n mens uit die stof van die aarde en maak vir hom ‘n maat uit sy sy. Hy gee hom ‘n opdrag om te vermeerder en die aarde te vul en om daaroor te heers. Dan is daar sonde en kyk hoe voel ons Skepper ‘n paar 100 jaar later
Gen 6:5 Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, 6 het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart.
**** Ons Skepper besluit Hy gaan oor begin weer met een gesin
Gen 7:23 So is dan al die lewende wesens verdelg wat op die aarde was, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; hulle is verdelg van die aarde af. En net Noag het oorgebly en wat by hom in die ark was.
****Nou is ons amper 6000 jaar later
Matt. 24:37 En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. 38 Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het,
****Dan kry ons hierdie ernstige woorde in Hebreërs dat daar ‘n dag gaan kom net soos met Sodom Noag en soveel ander waar Hy sal sê – Dis klaar dit was hulle laaste kans.
Heb.12:26 Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe.
GEBED vir VANDAG W
Onse Vader U is reg as U sê hierdie aarde is verdorwe en daar is niks goed nie. Nogtans weet ons ook dat U bereid was om U Seun te stuur om ons te kom vrykoop. Ons beroep ons op U genade soos Noag Ninevé, Dawid en Paulus en soveel ander. Gee ons nog ‘n kans sodat die wat U nie ken nie gered kan word. Ek bid vir elkeen onder die letter W op ons poslys. Wys hulle vandag die weg aan en lei hulle op U pad. In Jesus se Naam. Amen.
Geseënde dag vir elkeen
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 32 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *