Psalm 46- 1

Blye Versekering vir 22 Julie 2019 Tema: Psalm 46- 1
**** My eie woorde
****Ons kyk hierdie week na hierdie Psalm. Vers 1 sê dit is eintlik ‘n lied wat Israel gesing het. Daarna gaan die Psalm voort en het soveel te sê in ‘n paar woorde. Wanneer ons in gevaar is van sigbare of onsigbare bedreiging, wees verseker ons Skepper God is daar. Die woord “toevlug” sê, dis die plek waarheen ons kan vlug en veilig voel. Hy was nog altyd daar en sal altyd daar wees want Hy is ewig van altyd af tot in alle ewigheid.
Ps 46:2 God is vir ons ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.
Ps. 46:2 (NV) God is vir ons ‘n toevlug en ‘n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood.
**** Wat ook al op jou wag, ja selfs benoudheid van watter aard, watter onsekerheid in jou is, Hy is daar. Ons is al oor die middel van die jaar. Kom ons kyk so bietjie terug ….. Januarie, Februarie… en toe kom Mei en dis verkiesing. Hoe het die HERE Sy hand oor ons gehou of het ons reeds vergeet. Nou lyk dit of alles deurmekaar is, maar ons vergeet Hy is ons toevlug en beskerming en Hy is daar in ons nood. Toe kom ek op hierdie vertaling af en dis so spesiaal.
Ps 46:2 God is our refuge and strength, an ever-present help in trouble.
**** Wat dit sê is dat Hy is alomteenwoordig om te help in ons moeilikhede, wat ook al dit mag wees. Wat is jou moeilikheid wat wag of waar deur jy nou gaan. Hy weet en Hy is daar vir jou.
GEBED vir VANDAG A
Onse Vader, wat ‘n wonderlike wete U is altyd daar. Niks kan U onverhoeds betrap nie, want U is Alomteenwoordig. Vanoggend wil ons elkeen opnuut ons toevlug na U neem in elke saak in elke situasie en vra Laat U wil geskied. Ek bid vandag vir elkeen op hierdie poslys wie se naam met die letter A begin. My Vader gee hulle vandag wysheid insig en ‘n dubbele porsie van U genade. Voorsien in elke behoefte volgens U wil . In Jesus se naam . Amen
Geseënde dag en week vir elkeen
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 26 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *