Psalm 46-Nr. 3

Blye Versekering vir 24 Julie 2019 Tema: Psalm 46-Nr. 3
**** My eie woorde
Ps 46:5 Die stroompies van ‘n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.
**** Wanneer daar na die Godstad verwys word, verwys dit na Jerusalem. Jerusalem beteken stad van vrede. Daar is die letterlike aardse Jerusalem, maar daar is ook die hemelse Jerusalem.
Open 22:1 En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam.
Fil 3:20 Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,
**** Dan die belofte
Ps. 46.6 God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.
**** Waarna verwys dié dag wat aanbreek en weereens verduidelik die Bybel dat dit die tyd is wanneer die nasies bruis maar ook dat die aarde sal bewe
Ps 46:7 Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe.
GEBED vir VANDAG C
Onse Vader wat in die hoogste hemel woon. Ons kan ook sê, dat U wysheid ondeurgrondelik en onnaspeurlik is en U alleen verdien die Eer heerlikheid en alle lofwaardigheid. Ek bid vir elkeen op hierdie poslys, hulle wat getrou lees en soek maar ook vir hulle wat voel ag, ek hou nie daarvan nie, dit staan my nie aan nie, dit pas my nie. Wil U deur U Heilige Gees elkeen se hart vul met U teenwoordigheid vandag. Ek bid dan spesiaal vir elkeen wie se naam met die letter C begin. My Vader U kyk in ons hart, ander sien net die buitekant. Ek vra dat U in hierdie dag hulle kragtig sal aanraak met ‘n besef van die erns van die tyd waarin ons leef. Want tyd is besig om uit te loop en ons speel met tyd. In Jesus se Naam Amen
Geseënde dag en week verder.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 24 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *