Psalm 46 – Nr. 4

Blye Versekering vir 25 Julie 2019 Tema: Psalm 46 – Nr. 4
**** My eie woorde
Ps 46:8 Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is ‘n rotsvesting vir ons. Sela.
**** Dan kom die vraag, nou waar pas ons daarin, dit praat immers van die God van Jakob. Kyk hoe mooi antwoord die woord.
Ps 24:6 Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat U aangesig soek—dit is Jakob. Sela.
****Dit sluit jou en my in wat na Hom soek. So wat staan my en jou te doen?
Efes. 5:10 (NV) Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is, 11 en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak. 12 Dit is ‘n skande om selfs te praat oor die dinge wat die ongehoorsame mense in die geheim doen. 13 Maar alles word aan die kaak gestel wanneer die lig daarop val.
Wat is duisternis …die afwesigheid van lig, ek en jy is kinders van die lig.
Joh 8:12 En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.
GEBED vir VANDAG D
Onse Vader dankie vir die belofte van U beskerming en daardie versekering , as ons U volg sal ons nie in die duisternis wandel nie. Help elkeen van ons om ons lig so te laat skyn dat U alleen die lof en eer daarvoor ontvang. Vanoggend bid ek vir elkeen op ons poslys onder die letter D Baie dankie vir U genade in hulle lewens. Ek vra dat U in hierdie dag U hand van sorg genade en liefde op hulle sal lê en alle duisternis sal verdryf met die lig van U teenwoordigheid . In Jesus se Naam. Amen
Geseënde dag vir elkeen.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 22 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *