Psalm 46-Nr. 5

Blye Versekering vir 26 Julie 2019 Tema: Psalm 46-Nr. 5
**** My eie woorde
****Die laaste gedeeltes van die Psalm besing die grootheid en almag van God. Ons word genooi om te kom kyk die dade van die HERE
Ps. 46:9 Kom, aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde bring, 10 wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand.
**** Kom ons kyk bietjie daarna. Die engel van die HERE , ja net een engel in opdrag van God, kyk wat doen hy.
Jes.37:36 Toe het die engel van die HERE uitgetrek en in die laer van Assirië honderd vyf en tagtig duisend verslaan. En toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak—was dit almal dooie liggame.
**** Dan kry ons hierdie blye versekering wat ons sal deurdra wat ook al op ons pad kom
11 Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.
**** Ander vertalings stel dit so
“Be still, and know that I am God:” (ASV)
“Bedaar en weet dat Ek God is” (ANV)
Exo 14:14 Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees.
****Kom ons hoor hierdie woord en doen dit. Kom ons wees op ons knieë vir ‘n oomblik net stil voor die HERE. Ek dink soms praat ons so baie, dat Hy nie eers ‘n kans kry om te antwoord nie. Dan eindig die Psalm met hierdie woord. Alles wat ons die week gesien en beleef het in dié Psalm, dit is Hy wat met ons is, Hy is ons rotsvesting ons skuilplek. Glo jy dit?
Ps.46:12 Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is ‘n rotsvesting vir ons. Sela.
GEBED vir VANDAG E
Onse Vader wat in die hemele is, waarlik U is die HERE van die leërskare. Wat ‘n voorreg om by U te skuil, nie net vandag nie, maar elke dag. Ons bely, ons het nog nie geleer om stil te wees en te vertrou nie. Ons blameer en gee U die skuld vir alles, maar ons self het U Seun aan ‘n kruis laat sterf vir ons sonde. Ek bid vandag vir elkeen wie se naam met die letter E begin op ons poslys. My Vader leer hulle vandag om net stil by U te skuil totdat die uitkoms kom, op U tyd en U manier. In Jesus se Naam. Amen
Geseënde dag en naweek almal, tot Maandag as ons gespaar bly.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 8 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *