TAMATIE-EN-BIEFOONDSTOOFGEREG

Rika Theron
2 porsies

Bestanddele:
500 g dikribskyf
30 ml olie
1 knoffelhuisie
1 ui
2 wortels
30 g botter
30 ml meel
500 ml water
2 biefblokkies
3 ml orego
450 g blik tamatiesop
sout & peper
3 ml Worcestersous
30 ml gekapte pieterselie
4 jong murgpampoentjies.

Metode:
Sny alle oortollige vet van vleis af en sny vleis in blokkies.  Verhit olie in pot, voeg vleis by en braai tot goudbruin.  Haal vleis uit kastrol en skep in oondskottel.  Plaas gekneusde knoffel, gekapte uie en wortels, in dik stukkies gesny, in kastrol.  Soteer uie tot goudbruin.  Haal uit kastrol.  Voeg uie en knoffel by vleis.  Verhit botter in dieselfde kastrol, voeg meel by en roer 1 minuut lank.  Verwyder van hitte, voeg water, gekrummelde aftrekselblokkies, onverdunde sop, orego, sout, peper en Worcestersous by.  Roer tot goed gemeng.  Sit terug op plaat, roer tot sous kook en dik word.  Giet sous oor vleis.  Meng goed.  Sit deksel op en bak 90 minute lank in matige oond.  Haal uit oond.  Voeg dik snye murgpampoentjies en wortel by.  Meng goed.  Steek weer in oond.  Bak nog 30 minute tot vleis sag is (deksel op).  Roer pieterselie in.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 31 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *