Twyfel jy? 1

Blye Versekering vir 29 Julie 2019 Tema: Twyfel jy? 1
**** My eie woorde
**** Voor Getsémané en voordat Petrus Hom verraai het, gee Jesus hierdie woorde aan die dissipels
Matt 26:32 Maar nadat Ek opgestaan het, sal Ek voor julle uit na Galiléa gaan.
****Na afloop van Jesus se lyding en dood, onthou hulle wat Hy gesê het en hulle gehoorsaam, hulle gaan na Galiléa. Toe hulle Hom sien aanbid hulle Hom, maar kyk wat gebeur terselfdertyd.
Matt 28:16 En die elf dissipels het na Galiléa gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het. (beveel het ) 17 En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel.
**** Hoe maklik is dit om te twyfel. Jesus sê voor Sy dood waar hulle vir Hom moet gaan wag, hulle gehoorsaam, en dit gebeur presies soos Hy gesê het, maar hulle twyfel. Voel jy ook skuldig, want ek en jy het ook al getwyfel. Hoe maklik kan ek en jy sê : “ Ek glo en vertrou?” Dan wanneer die toets kom sê jy, “ Ek weet nie hoe gaan ek hierdeur kom nie” Vandag gee ek vir jou die woorde wat Jesus vir die dissipels gegee het, want dit het nog nooit verander nie.
Matt 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
**** Wat meer kan ek en jy vra as om so ‘n God te mag ken, die ware Skepper God. Jy mag twyfel, maar vertel Hom daarvan, jy mag troos soek en onseker voel, …maar vertel Hom daarvan. Fokus of Hom, op Sy krag mag en gesag, want die beloftes is juis vir die wat glo dat Hy opgestaan het uit die dood soos Hy belowe het.
GEBED vir VANDAG F
Onse Vader baie dankie vir die voorreg om met alles na U te kom, selfs ons twyfel en onsekerhede. Ek bid vir elkeen vanoggend wat soos U dissipels glo maar dan kom daar ook soms twyfel op in tye van nood. Versterk elkeen se geloof met daardie versekering U het alle krag, mag en gesag in die hemel en op die aarde. Ek bid vir elkeen wie se naam met die letter F begin op ons poslys. Maak hulle opnuut bewus daarvan, dat U die ware God van wonders is en by U is niks onmoontlik nie . In Jesus se naam Amen.
Geseënde dag en week vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 6 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *