Twyfel jy? 2

Blye Versekering vir 30 Julie 2019 Tema: Twyfel jy? 2
****My eie woorde
****Ek wonder as elkeen vandag vir my iets kon vertel oor hulle fisiese letsels. Ek dink dit sou ‘n klomp interessante stories wees. My jongste broer het as kind die tuinvurk tussen sy tone ingedruk en daardie letsel vertel sy storie. Dalk ‘n doringdraad wat jou gehaak het of ‘n hond byt wat sy merk gelaat het.
**** Jesus staan voor sy dissipels na Sy opstanding, maar hulle twyfel of dit werklik Hy is. Hulle het self gesien hoe Hy uitroep en Sy laaste asem uitblaas. Dan bevestig Hy dat Hy vlees en bloed is. Ja, die spykermerke in Sy hande en voete het gesond geword, maar die letsels vertel hulle storie van die verskriklike pyn en lyding wat Hy beleef het.
Lukas 24:38 En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op? 39 Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ‘n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.
**** Weet jy wanneer Jesus na Sy handpalms kyk dan sien Hy mense se name vir wie Hy dit gedoen het. Ek wonder soms of Hy nie so na die spykermerke kyk en dink: ja dit het ek vir Koos gedoen en ja, vir Jan en Piet en Martie en……
Jes.49:16 Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My.
****Vanoggend sê Hy vir my en jou soos destyds: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle harte op, Kyk na my hande en voete , dit was vir jou …. Ek sal jou mos nie los nie.
Luk.12:7 Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.
GEBED vir VANDAG G
Onse Vader baie dankie vir sulke kosbare woorde aan ons elkeen vandag. Ons staan skuldig net soos die dissipels destyds, want twyfel kom so maklik in ons harte op. Ons kan so gou en maklik kla oor ons pyn en seerkry deur woord of dade, en ons vergeet so gou U bloed het vir ons sonde betaal. Dankie, dat ons vir U meer werd is as baie mossies. Ek bid vandag vir elkeen wie se naam met die letter G begin. Wil U deur U Heilige Gees hulle aanraak en hulle oortuig waar hulle buite U wil optree. In Jesus se Naam. Amen.
Geseënde dag vir elkeen
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 45 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *