Baie dankie 1

Blye Versekering vir 26 Aug. 2019 Tema: Baie dankie 1

**** My eie woorde

****”Ek ervaar vandag dat ons net weereens moet dankie sê. Ek hoor gisteraand, dat iemand se bakkie met al die inhoud gesteel is. Hoe sê mens nou dankie daarvoor. My antwoord was, God werk aan jou getuienis en dit gaan groot wees. Ek en jy is meer geseënd as vele ander, en ons kan so maklik kla. Ek het ‘n uitdaging vir elkeen die week. Kom ons sê elke oggend vir die HERE dankie vir net een ding. Daarna kyk ek en jy of ons elke dag net vir een persoon wat jy sien, opreg kan dankie sê.

Ps 100:1  ‘n Psalm. By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde!2  Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel. 3  Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, Sy volk en die skape van Sy weide.4  Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys Sy Naam.5  Want die HERE is goed; Sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en Sy trou van geslag tot geslag.

GEBED vir VANDAG  F

Onse Vader baie baie dankie dat ons die voorreg het om nog uit ons hart dankie te sê. Die grootste dankie is verseker, dat U Seun in my en elkeen wat hier lees se plek gesterf het, sodat ons die Ewige lewe kan ontvang. Ek bid vanmôre om vir U dankie te sê, vir elke persoon wat U na hierdie poslys stuur om te lees. Heilige Gees dankie vir U groot werk daarin. Ek bid vanoggend vir elkeen op hierdie poslys, wie se naam met die letter F begin . Maak hulle opreg dankbaar vir wat U elke dag ook in hulle lewens doen. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag en week vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 33 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *