Baie dankie 2.

Blye Versekering vir 27 Aug. 2019 Tema: Baie dankie 2.
**** My eie woorde
**** Ons uitdaging die week is om vir net EEN persoon wat jy sien, dankie te sê Gisteraand kon ek vir my man dankie sê vir alles wat hy vir my doen. Ons aanvaar alles so as vanselfsprekend maar laat daardie persoon net een dag weg wees dan weet jy elke mens het sy plekkie in ons lewens. Verder vra ek myself vanoggend af, waarvoor is ek die dankbaarste in my hele lewe?. Hoe dan anders as teenoor sons Koning, Skepper en Verlosser Jesus Christus. Paulus verwoord dit so mooi.
1 Tim 1:12 Teenoor Christus Jesus ons Here is ek dankbaar: Hy het my krag gegee en my betroubaar geag om my in Sy diens te stel, V13 al het ek Hom voorheen belaster, vervolg en beledig. Maar God was genadig teenoor my omdat ek in my ongeloof nie geweet het wat ek doen nie. V14 Ons Here het my oorlaai met Sy genade en met geloof en liefde wat ons deel is in Christus Jesus. V15 Dit is ‘n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste.
Ps.145:21 My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees Sy heilige Naam loof vir ewig en altyd.
GEBED vir VANDAG G
Onse Vader, dankie is ‘n klein woordjie maar dit dra nie oor wat ons regtig in ons binneste voel nie. Dankie, dat U juis in ons harte kyk en verstaan hoe opreg dankbaar ons teenoor U is. Dankie, vir al die opdraandes wat ons geestelike bene sterk maak om staande te bly. Ek bid vir almal onder die letter G vandag. My Vader vanoggend vra ek gee vir hulle wat hulle nodig het volgens U wil. Gee hulle nuwe moed en krag vir hierdie nuwe dag. In Jesus se Naam Amen.
Mag jou dag geseënd wees.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 50 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *