Baie dankie 3

Blye Versekering vir 28 Aug. 2019 Tema: Baie dankie 3
**** My eie woorde
**** Wanneer jy deur ‘n krisis gaan, dalk ‘n egskeiding, ‘n siek kind of dwelmverslawing, dan weet jy as jy met iemand praat wat daardeur is, sal daardie een beter verstaan. Kyk die interessante deel in God se Woord.
Kol 3:17 En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
**** Wat ‘n vreemde woord, dat ons die Vader, deur Jesus moet bedank. Jy sien dis deel van God se volmaakte verlossingsplan. Hy laat Sy Seun toe om ‘n mens soos ek en jy te word. Nou het ons iemand wat verstaan hoe ons mensekinders se koppe werk, hoe ons voel en redeneer. Die verskil is Hy het nooit gesondig nie. So wanneer ons deur Hom tot die Vader, gaan tree Hy as die volmaakte Hoë Priester vir ons in. Hoe wonderlik om so ‘n Advokaat te hê. ‘n Advokaat wat die pad geloop het, wat weet wat pyn en dood, smart en ellende is. Een wat verstaan wat die woord ALLEEN beteken, en wat weet wat dit is om vals beskuldig te word en verraai te word deur jou beste vriend. Een wat vir Sy Vader kan sê “My Vader kyk die merke in My hande, Ek het vir daardie sonde betaal” Verder sê dit Hy red ons volkome, nie net halfpad nie en dat HY altyd leef, Hy het die dood vir altyd oorwin.
Heb 7:25 Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. 26 Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het;
**** Saam met daardie geskenk kry ons Iemand wat ons help om te bid
Rom 8:26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. V27 En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.
**** Dalk voel jy dat jy nie mooi kan bid nie, jou woorde klink so eenvoudig. Dan weet ek en jy vandag dat die Heilige Gees ons eenvoudige gebed neem en aan die Vader bied met onuitspreeklike versugtinge. Daarmee saam kry ons dan hierdie belofte wat ons almal so goed ken
Rom 8:28 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens Sy besluit geroep is.
GEBED vir VANDAG H
Onse Vader ons kom weereens deur U Seun na U in alle eerbied en met dank . Wat ‘n wonderlike verlossingsplan het U vir ons as sondaars voorberei. Hoe sal ons dit ooit regtig kan begryp. Baie dankie Jesus en Heilige Gees vir die werk wat U vir ons as sondaars doen. Ons besef ons is dit nie waardig nie, maar U is waardig en dis wonderbaar. Ek bid vanoggend vir elkeen onder die letter H op hierdie poslys. Al wat ek vra is seën hulle met ‘n hemelse seën. In Jesus se Naam. Amen
Geseënde dag vir elkeen.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 40 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *