BEEF STROGANOFF

Woumarie

Bestanddele
500gr beesvleis maalvleis
1 blikkie sampioenroomsop
3 repe spek, in blokkies gesny
1 koppie suurroom
1/2 ui, gekap
1/4 teelepel paprika
1/4 teelepel peper
1/2 teelepel sout
Pasta (enige keuse)
1 eetlepel botter

METODE:
Braai die vleis met die uie en spek tot gaar. Roer die sampioen sop, paprika, sout en peper by. Prut 10-20 minute, roer dikwels.
Roer suurroom by en prut deur. Kook die noedels tot sag. Voeg botter by die noedels. Gooi pasta by maalvleis mengsel, meng deur.
Sprinkel pietersielie oor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 383 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *