Bief-en-bierpastei

https://www.proagri.co.za
Uittreksel uit bitten deur Sarah Graham

Vinnig en maklik, hierdie pastei sal ‘n treffer in enige huisgesin wees.

Bestanddele
500g beesvleis in blokkies gesny
Sout en peper na smaak
30ml olyfolie
5ml droë tiemie
1 medium ui, gekap
1 huisie knoffel, gekap
1 koppie bier
1 koppie aftreksel
1 groot patat, geskil en opgekap
1 koppie wortels, opgekap
15ml mosterd
30ml mielieblom, gemeng met bietjie water
400g klaargerolde blaardeeg
1 eier, geklits

Metode:
Geur die vleis met sout en peper. Verhit die olie en braai die vleis en tiemie tot goudbruin. Voeg die knoffel en ui en braai vir 2-3 minute voor jy die bier byvoeg en weer vir 2-3 minute braai. Voeg die aftreksel, patat, wortels en laat vir 20 minute prut tot die vleis sag is. Voeg die mosterd en mielieblom en roer tot die mengsel dik word. Geur met sout en peper na smaak en verwyder van die hitte. .    Voorverhit die oond na 200°C en smeer ‘n oondvaste bak (20x20cm). Neem drie velle van die blaardeeg en sny in die helfte en bedek met ‘n klam vadoek om te keer dat dit uitdroog. Skep die vleis in die oondvaste bak en bedek met die deeg. Smeer elke vel met die geklikste eier voor die volgende vel bygevoeg word. Bak vir ongeveer 15 minute tot die deeg goudkleurig en krakerig is.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 93 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *