BOEREWORS EN GROENTE STROGANOFF

Bron: Vrouekeur

Bestanddele
6 porsies
bietjie olie
800 g klein boereworsies
125 g (½ pakkie) spek, in blokkies
2 uie, fyngekap
5 ml
(1 t) vars gekapte knoffel
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
500 g (2 x 250 g-pakkies) sampioene, gehalveer
60 ml (4 e) koekmeel
250 ml (1 k) warm beesvleisaftreksel
5 ml (1 t) paprika
1 ml sout
knypie swartpeper
250 ml (1 k) suurroom
125 ml (½ k) gevriesde klein ertjies
150 g (1 pakkie) vars klein mielies

METODE:
Verhit olie en braai boereworsies tot gaar. Verwyder uit braaipan en sny worsies los van mekaar. Laat eenkant tot benodig. Braai spek, uie, knoffel en kruie tot ui sag is. Voeg sampioene by en soteer 4 minute tot sampioene sag is. Sprinkel koekmeel bo-oor bestanddele en roer tot bedek. Voeg beesvleisaftreksel by en roer tot sous glad is. Meng paprika, sout en swartpeper by suurroom en voeg ook by bestanddele in braaipan. Skep boerewors, klein ertjies en klein mielies by. Verhit tot deurwarm. Sit voor soos verkies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 58 times, 1 visits today)
Advertisements
 

2 thoughts on “BOEREWORS EN GROENTE STROGANOFF”

  1. Goeie naand, Ek is opsoek na ‘n Vla. Resep wat soos Ultramelk Vla of Boksie smaak! As iemand my kan help sal Ek bly wees! Ons hou Kerk Basaar 31/8 en die mense wil graag lekker Tuis Gemaak Te Vla he! Baie dankie vir Al Julle lekker Resepte! Johanna Du Plessis!

     

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *