Gevind 3

Blye Versekering vir 14 Aug. 2019 Tema: Verlore en Gevind 3
**** My eie woorde
Verlore Seun Deel 1
**** Hierdie laaste gelykenis van die Verlore seun, deel ek op in drie dele sodat ons na elke faset kan kyk.
12 Die jongste het vir sy pa gesê: ‘Pa, gee my die deel van die besittings wat my toekom.’ Hy het toe die goed tussen hulle verdeel. 13 Nie lank daarna nie het die jongste seun alles tot geld gemaak en van die ouerhuis af na ‘n ver land toe vertrek. Daar het hy sy geld verkwis deur losbandig te lewe.
**** Hierdie Pa het twee seuns. Waar mens sou verwag dat die oudste eerste sou weggaan, is dit andersom. Die jongste vra sy erfporsie, hy sit alles om in geld. Weg is hy van al die goed wat hom so geïrriteer het. Die godsdiens in die huis, sy Pa se vermanings en die streng beginsels. Nou is hy sy eie baas en hy het soveel vriende en die plesier met alles wat die stad bied is te wonderlik. Dis alkohol, meisies, dobbel en die lewe is heerlik. Dan gebeur twee goed so gelyktydig.
14 Nadat hy alles deurgebring het, het daar ‘n kwaai hongersnood in daardie land gekom, en ook hy het begin gebrek ly.15 Hy het toe sommer by een van die mense van daardie land gaan bly, en dié het hom na sy plaas toe gestuur om varke op te pas. 16 Daar het hy gewens hy kon sy honger stil met die peule wat die varke eet, maar niemand het hom daarvan gegee nie.
**** Eerstens sy geld is op en so het die vriende verdwyn en daarbý is daar hongersnood, almal kry swaar. Hy kry toe darem blyplek maar die ergste, hy wat ’n Jood is, moet die onrein varke gaan oppas.
17 Toe kom hy tot inkeer en sê: ‘My pa het wie weet hoeveel dagloners, en hulle het almal oorgenoeg kos, en hier vergaan ek van die honger. 18 Ek sal dadelik na my pa toe teruggaan en vir hom sê: Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig! 19 Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie. Behandel my soos een van Pa se dagloners.’
**** Dit is hoe dit met almal gebeur wat hulle rug op die HERE draai. Eers is dit heerlik en die las van jou gewete is weg, jy is mos jou eie baas en jy kan doen wat jy wil. Sonde het ‘n manier om mens in te haal en God laat ons toe om self te kies totdat ons vasbrand en nie meer weet watter kant toe nie. Jy eindig dan in vernedering, met niks en daar is net een antwoord en dit is terug huis toe. Ons gaan môre verder.
GEBED vir VANDAG S en T
Onse Vader baie dankie vir U woord met soveel lesse daarin om te leer. Vanoggend lees of luister hier moontlik iemand wat voel soos daardie jongste seun wat vêr weg van U is. Dalk is hier iemand wat terugkyk oor hulle lewens en dink “hoe het ek alles opgemors” Vanoggend het ons almal net een antwoord en dit is terug huis toe, terug na ons hemelse Vader. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter S en T op die poslys. Ek vra dat U na elke naam sal kyk en hulle sal omvou met U liefde genade en sorg. Dat hulle mag ervaar U is al een na wie hulle kan draai. In Jesus se Naam. Amen.
Geseënde dag aan elkeen.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 30 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *