Op pad 1

Blye Versekering vir 19 Aug. 2019 Tema: Op pad 1
**** My eie woorde
****”Ons was al almal op pad iewers heen. Jy het jou doel voor oë en dan neem jy ‘n verkeerde afdraai. Op ‘n snelweg is dit erger want dan is daar nie omdraai nie. Een oomblik ry jy nog so lekker en dan besef jy dis nie die regte pad die nie. Een ding weet jy as jy nie omdraai nie of rigting kry nie gaan jy nie by jou bestemming uitkom nie. Dit is net so met ons geestelike lewe. Jy gaan in volle vaart voort en alles lyk of dit reg is en op ‘n dag wanneer jy gaan sit en dink weet jy verseker jy het van koers afgegaan en moet terugdraai
Fil. 3:12(NV) Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. v13 Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. V14 Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.
GEBED vir VANDAG A
Onse Vader, baie dankie dat U ons lewens tot hier gespaar het ten spyte daarvan dat ons soms die pad byster geraak het. Baie dankie vir stil oomblikke waar ons weer kan vergeet wat agter is, en ons uitstrek na wat voor is. Ek bid vandag vir elkeen wie se naam met die letter A begin. Mag dit ook vir hulle ‘n nuwe begin wees op die regte pad omdat U ons elkeen U eie gemaak het toe U die prys vir ons betaal het. In Jesus se naam. Amen.
Geseënde dag en week vir elkeen.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 10 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *