Op pad 2

Blye Versekering vir 20 Aug. 2019 Tema: Op pad 2
**** My eie woorde
****Ons almal het een of ander tyd iewers langs ‘n pad gaan staan, of dalk stilgehou. Deesdae is dit op sekere plekke in ons land uiters gevaarlik. Daar is baie dinge wat jou kan laat stilhou. Jy kan siek voel, jou motor kan iets makeer soos ‘n pap band of enjin moeilikheid. Daardie oomblik weet jy dit is al opsie, jy kan nie voortgaan nie. Indien jy nie self kan regkom nie weet jy ook jy het hulp nodig.
Ps. 72:12 Want hy sal die behoeftige red wat daar roep om hulp, en die ellendige en wie geen helper het nie.
**** Ek lees ‘n getuienis van ‘n man wat met baie min brandstof verdwaal het. Al oplossing wat hy raakgesien het was om om te draai, maar hy het geweet die naaste motorhawe agter hom sal hy nie haal nie. Hy begin bid en vra “ HERE wat nou?” Asof uit die niet verskyn ‘n motor voor hom en hou stil. Die man klim uit en vra waar ry hy rond op die verlate pad. Toe sê hy dat hy verdwaal het en nou is sy brandstof so min. Die man beduie net ‘n entjie vorentoe is daar ‘n draai en hy moet net so aanhou daar kan hy brandstof kry. Hy sê indien daardie man nie stilgehou het nie en hy omgedraai het, was hy werklik in die moeilikheid. Hy kon toe brandstof kry en veilig huis toe gaan. Ek wonder in my hart … wie was die “man” ?
Ps. 121:1. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? 2 My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.
**** Dit gebeur met ons ook in ons geestelike lewe. Daar gebeur soveel goed met jou en jou familie dalk, jy voel jy kan nie voortgaan nie. So weet jy ook verseker jy het hulp nodig. Die antwoord bly – vra net en Hy sal antwoord.
GEBED vir VANDAG B
Onse Vader wat ‘n groot voorreg om die ware God van die heelal te aanbid. Die Een wat gereed is wanneer ons uitroep waar sal my hulp vandaan kom. Baie, baie dankie vir U goedheid en barmhartigheid. Ek bid vanoggend vir elkeen op hierdie poslys wie se naam met die letter B begin. Moontlik ervaar hulle ook soms hulle is op ‘n verlate pad van die lewe. Wil U hulle uitroep verhoor en hulle veilige Huis toe lei. In Jesus se Naam Amen
Geseënde dag vir elkeen.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 10 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *