Op pad 3

Blye Versekering vir 21 Aug. 2019 Tema : Op pad 3
**** My eie woorde
**** Ons het so paar jaar gelede ‘n motor gehad waar die trurat en eerste rat baie naby aan mekaar was. Dit was ‘n ouerige model en jy moes mooi fokus, want soms kon dit gebeur dat jy dink jy is in eerste rat om weg te trek en dan beweeg jy agteruit. Dit herinner my vandag daaraan dat dit ook so met ons op geestelike gebied kan gebeur . Jy voel alles is in plek en lyk rooskleurig en skielik in ‘n oomblik ervaar jy dat jy nou in trurat is en jy kom net nie weg nie. Ek dink daar is baie in ons land wat vandag so voel en ons kan daaroor gesels tot dagbreek toe. Onthou jy moet sélf die motor se rat uit die verkeerde rat haal en in die regte rat sit. Ons kan nie net passief sit en wag nie, ons moet dikwels opstaan en in geloof iets doen. Die HERE het vir Israel gesê hulle moet Kanaän in geloof inneem Hy sal sorg, dit was Sy opdrag. Kyk wat sê hulle
Num 13:27 En hulle het hom vertel en gesê: Ons het gekom in die land waarheen u ons gestuur het; en waarlik, dit loop oor van melk en heuning, en dít is sy vrugte.28 Maar die volk wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete (reuse-) gesien.
****Hulle kyk teen die obstruksies vas en vergeet heeltemal dat die HERE hulle tot hier gelei het en dat dit Sy opdrag was om te gaan. Dan tree een man na vore
Num 13:30 Toe het Kaleb die volk stil gemaak teenoor Moses en gesê: Laat ons gerus optrek en dit in besit neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig.
**** Nou my vraag aan jou, gaan jy in trurat bly sit en wag tot die HERE die rat skuif of gaan jy iets doen soos Kaleb. Hy het in geloof gesê “want ons kan dit sekerlik oorweldig” Ek wil met alle respek sê vandag ons dien nie ‘n miniatuur God nie, ons dien die Skepper God van die heelal en by Hom is niks onmoontlik nie. Kom ons neem in geloof daardie eerste tree en Hy sal sorg.
GEBED vir VANDAG C
Onse Vader wanneer ons na die kosbare verhale in U woord kyk staan ons in verwondering oor U grootheid en almag. Miskien is hier vanoggend iemand wat moedeloos en magteloos voel, omdat hulle ervaar hulle kom net nie weg nie. Help hulle om soos Kaleb te sê : Ons kan dit wat voorlê verseker oorwin deur Sy krag. Ek bid vir elkeen op die poslys wie se naam met die letter C begin Gee hulle daardie versekering soos vir Dawid toe Hy gesê het, met my God loop ek ‘n bende storm, met my God spring ek oor ‘n muur. In Jesus se Naam Amen
Geseënde dag vir elkeen.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 19 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *